Die Hartklop van n Rasta-man - Wilma Brooks - Libros -  - 9798677574368 - 21 de agosto de 2020
En caso de que portada y título no coincidan, el título será el correcto

Die Hartklop van n Rasta-man

Precio
$ 19,49
sin IVA

Pedido desde almacén remoto

Entrega prevista 17 de jun. - 6 de jul.
Añadir a tu lista de deseos de iMusic

"Wat ruik die kantoor soos 'n dooie muis, magtig! Maak net oop die vensters asseblief! G'n mens kan die reuk uithou nie", skreeu ek geïrriteerd."Dit is nie 'n dooie muis nie sista! Dis die reuk van kruie. Wilde berg aartappel. Dit is goed, want dit hou die geeste weg.""Ja nee wat! dit sal net die woorde van 'n Rasta wees."Ek spuit my bottel parfuum leeg dat die hele kantoor later ruik soos 'n blomme oord."Liewers hierdie reuk as kruie", dink ek."Julle twee kan maar netso vir my aanstaar Rasta man Michael Jacobs (die "I") en Rasta man Godwill Malan (Gmax)."Wie ken en hoor regtig die hartklop van 'n Rasta. Baie kere sit en verkyk ek my na hulle. Watter voorreg is dit om saam met twee van hulle te werk. Hulle is nie net my kollegas nie, maar ook my vriende. Om te dink, ek het altyd 'n vrees gehad vir Rastas. Ek het gedink hulle is "anders as gewone mense". Hulle is hard, gevoelloos en gee nie om vir andere nie. Ek was baie bang om met hulle te praat. O' die hare was vir my erg. Hoe hanteer hulle hul hare. Hul rare eetgewoontes. Geen vleis, geen sout? Moet nie eens praat van die Ganja gerokery nie; mos hul manier om te sê hulle gaan bid. Dit laat my hartlik lag. Nee hemels die mense is regtig van 'n ander planeet. Hoekom is hulle in "ons" wêreld? Wat maak hulle hier? Al die jare se vrae. Vandag verstaan ek die hartklop van 'n Rasta man. Die Vader het my na nuwe oë na hulle laat kyk. Hulle is ook die Vader se skepping. Hy is ook lief vir hulle. Ek kon hul style beleef en ervaar. Hulle is ook mense met hart, siel, liggaam en bloed. Die vriendelikste mense ooit. Sal jy as leser regtig die hartklop van Rastas kan verstaan? Ek werk saam met hulle. Hulle opgewektheid, die vreugde en die lieflike geur van hulle teenwoordigheid vul die atmosfeer van die kantoor waar ons werk. Ek kon nie vir beter kollegas gevra het nie. Ek kan nie dink dat ek al ooit Rastas sien baklei het met me\kaar nie. Ek dink terug aan 'n gesprek met Michael Jacobs oftewel die "I" dat hulle baklei nie met die vuiste nie. Hulle "baklei" met die mond. Dit beteken hulle sorteer hul probleme uit deur te praat. Die gebaar was vir my iets baie besonders. Ek moet sê ek het nuwe respek vir die mense ontwikkel."Haile Selassie, Wat is dit?" vra ek verbaas. "Wie huil, is dit Lassie?""Hahahaha!" bars Gmax uit van die lag. "Nee man Gmax, wat lag jy dan nou vir my? Is jy dalk getjoef?""Hahahaha!" lag hy weer. "Jy is darem lekker dom hoor. Foeitog, jy dra niks kennis van ons Rastas nie". Die grootste geskenk wat God ons as mens gegee het, was lewe. En daarvoor moet ons baie dankbaar wees. Ongeag ons verskillende gelowe en soos die Rastafariërs sê hul "Ways". WAT IS LEWE!As jy kan vergewe - sonder om 'n woord te sêAs jy liefde in iemand se oë kan sien - sonder om te vraAs jy kan glimlag - sonder om een terug te verwagAs jy als gee met jou hele hart -sonder om te sugAs jy verstaan - sonder om te oordeelAs jy luister na die stem van God - sonder om te twyfelDIT IS LEWE!

Medios de comunicación Libros     Paperback Book   (Libro con tapa blanda y lomo encolado)
Publicado 21 de agosto de 2020
ISBN13 9798677574368
Páginas 70
Dimensiones 152 × 229 × 4 mm   ·   104 g
Lengua Afrikaans