Juk van die Mammon - Louw Erasmus - Libros -  - 9798405849188 - 21 de enero de 2022
En caso de que portada y título no coincidan, el título será el correcto

Juk van die Mammon

Precio
$ 25,99
sin IVA

Pedido desde almacén remoto

Entrega prevista 17 de jun. - 6 de jul.
Añadir a tu lista de deseos de iMusic

Die inwoners van Venetia, 'n klein dorpie in Limpopo, word maande lank getreiter deur ongure karakters wat nie skroom om te steel en te moor om hulle beursies aan te vul nie. Sleutelfigure van die gemeenskap word deur die mag van geld by renosterstropery, diamantsmokkelary, en die vervaardiging van dwelms betrek.

Botha Barnard, of Baster soos wat hy alom bekendstaan, besluit om sy lyf na al die jare weer polisieman te hou en self ondersoek in te stel, nadat daar meer as een keer 'n aanslag op sy lewe gemaak word en sy renosters gestrAoop word. Hy kom vinnig agter hulle is agter sy plaas Blinkwater aan, wat grens aan die ou myn waar daar onwettig diamante gedelf word.

Hy begin om die Mammon aanbidders een vir een vas te trek. Een van sy destydse kollegas het hom nie verniet die naam Basterhond gegee nie. Hy het altyd gesê wanneer Baster iets slegs ruik, hou hy nie op snuffel tot hy die oorsaak van die slegte reuk gekry het nie.
Gaan Baster dit regkry om die klein Limpopo-dorpie te bevry van die Juk van die Mammon, of gaan hy hom laat onderkry deur Mammon? (*Mammon is 'n Christelike simbool vir die oorheersing deur geld.)


524 pages

Medios de comunicación Libros     Paperback Book   (Libro con tapa blanda y lomo encolado)
Publicado 21 de enero de 2022
ISBN13 9798405849188
Páginas 524
Dimensiones 140 × 216 × 27 mm   ·   517 g
Lengua Afrikaans